Landbou Toerisme vir die Boer

Agri Toerisme Suid-Afrika (ATSA) is ‘n organisasie wat gestig is vir boere, met die oog op die ontwikkeling en bevordering van agritoerisme aktiwiteite en aantreklikhede in Suid-Afrika.

ATSA is ‘n inligtingsportaal vir boere, die media en besoekers; maar nie besprekingswebwerf nie. Ons loods gereeld mediaveldtogte en skep bemarkingsmateriaal vir boere en hul plase. Ons huidige projek is vir toerisme-maand wat jaarliks in September gehou word. Vanjaar fokus ons daarop om meer bewustheid van die unieke moontlikhede van agritoerisme landwyd te kweek.


Agritoerisme is nie net tot verblyf op plase beperk nie. Dit het te make met elke aspek en gebruik van ‘n plaas vir toerisme doeleindes. Ons boere is passievol, betroubaar en geloofwaardig. Van klein boerderye tot uitvoermaatskappye, van perlemoen en tilapia boerderye tot groot wildsplase. Net soos wat daar nie een tipe boer is nie, so is daar ook nie een mark nie. Besoekers wil elkeen iets anders ervaar, en ATSA fokus daarop om vir elkeen iets uniek te bied.

Ons eerste prioriteit is om na ons lede se belange om te sien. Ons bied nie net konsultasiedienste vir boere aan nie, maar ook bemarking op ons webtuiste en sosiale media kanale. Verder verteenwoordig ons boere op verskeie skoue en ekspo’s. Ons maak kontak met belanghebbende toerismeorganisasies, -agentskappe, -besighede, regeringsdepartemente en internasionale rolspelers om ons lede en Suid-Afrikaanse agritoerisme te bevorder.

Een van die dokumente wat tot die vorming van ATSA gelei het, was die FAO-dokument oor die toekoms van voedsel en landbou: uitdagings en geleenthede: FOFA. Dit is duidelik dat daar verandering moet wees wêreldwyd in landbou. Diversifikasie en om die meeste nut uit ‘n plaas se bates te kry is van uiterste belang vir volhoubaarheid in die sektor.

Agritoerisme is ‘n noodsaaklike element om die handelsmerk van Suid Afrikaanse landbou voort te bou. Om te sien is om te glo. Daarom plaas ons so ‘n sterk klem op visuele beeldmateriaal en die YouTube-kanaal wat deurlopend opgedateer word. Die statistieke van die ekonomiese sukses van agritoerisme in lande soos Italië, Viëtnam, Nieu-Seeland, Kanada, ens. is beskikbaar.

Agritoerisme Suid-Afrika ondersteun alle pogings wat gemaak word om Suid-Afrikaanse landbou op die wêreldverhoog te plaas. Ons het almal ‘n passie vir ons landelike gebiede, ons pragtige plase en ons boere.

Hoekom sou ‘n boer met toerisme betrokke wou raak? Watter voordele is daar vir die boer?

WAT IS DIE VOORDELE AAN LEDE VAN ASA

  • Om die ontwikkeling van die agritoerisme-sektor te bevorder In Suid-Afrika
  • Om ‘n sterk en herkenbare handelsmerk te ontwikkel
  • Om met belanghebbendes te skakel
  • Video- en beeldmateriaal is gratis vir alle lede
  • Webwerflyste vir alle lede
  • Sosiale Media-veldtogte vir alle lede
  • Opvoeding aan belangegroepe oor agritoerisme
  • Verteenwoordiging by skoue
  • Vaardigheidsopleiding
  • Aanbiedings by konferensies
  • Skryf van artikels – nasionale en internasionale akkreditasie

HOE KAN JY AS BOER BETROKKE RAAK?

Vul ons aanlyn registrasievorm in om ‘n lid te raak of epos elzett@agritourismsouthafrica.com of judi@agritourismsouthafrica.com of kontak die stigter, Jacqui Taylor, jacqui@agritourismsouthafrica.com

Besoek gerus ons webblad Agritourism South Africa of gaan na ons Facebook-blad, Agritourism South Africa.

Copyright Agritourism South Africa @2016. All Rights Reserved.
Not for replication or distribution in any form.

Sharing is caring!

Leave your comment